Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,453 episodes available.
August 21, 2026Anna Nel van VastrapHaidee Muller-Isaacs was onlangs op Ceres waar sy 'n paar plaasvroue toegespreek het op Vrouedag. Daar het haar paaie gekruis met Anna Nel van Vastrap. Dié het daar aangekom met 'n boksie uie as geskenk, want haar wêreld se uie is die beste - vars uit die grond uit....more5minPlay
August 21, 2026360 Speseryroete: Die seël van vleis en olie by pastawaterKos en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor kosmites soos dat jy ‘n bietjie olie by die water moet sit wanneer jy pasta kook om te keer dat dit aan mekaar vassit....more8minPlay
August 21, 2026'n Film só swak, dit maak geld!In China is die film, Niu Lai, ‘n onverwagse lokettreffer. Dit is só swak gemaak dat mense dit gaan kyk om te kan saampraat. In ‘n mate is dit ook ‘n vorm van verset teen kunsmatige intelligensie-skeppings....more2minPlay
August 20, 2026Kry die bye terug in die boordLehanro Maritz vertel vir Martelize Brink van ‘n produk wat bye na die boord lok. Die produk bevat die feromoon wat werkersbye afskei om die res van die korf te laat weet dat daar ‘n gunstige voedingsbron is....more6minPlay
August 20, 2026Jonk: Breinfiksheid vir mense ouer as 60Arbeidsterapeut Lize Visser praat oor fiksheid vir jou brein anderkant 60. Sy gee praktiese raad en waarsku om nie te wag tot dinge nie meer so lekker werk nie....more11minPlay
August 20, 2026Hond "vang" sy baas‘n Man in Engeland het vir die polisie weggejaag - vir sy hond ook. Die hond het sy pad terug huis toe gekry, en die polisie is saam om hom te arresteer....more2minPlay
August 19, 2026Shirley se hart vir haar Volstruisdorp-gemeenskapOp haar tuisdorp, Oudtshoorn, gesels Haidee Muller-Isaacs met Shirley Erasmus. Sy is 'n oudonderwyseres en ook 'n gemeenskapsontwikkelaar. Sy vertel van die afgelope 25 jaar se skoonheidswedstryde waarby sy betrokke was, en hoekom sy dit vanjaar behoorlik vier....more8minPlay
August 19, 2026Dorpsgeheime: BoksburgNeels Schoeman, ’n boorling van Boksburg, vertel waar die dorp sy naam gekry het....more7minPlay
August 19, 2026Goud in die muurIn Vlaandere in België is daar tydens huisverbeteringe €9 miljoen se goud in die muur gekry. Die huis behoort aan ‘n liefdadigheidsorganisasie. Indien die wettige eienaar dit nie binne vyf jaar opeis nie, deel die bouspan en die liefdadigheidsorganisasie dié goue gelukkie....more2minPlay
August 18, 2026Êrens oorsee: Katalonië, SpanjeLen Gerber vertel vir Martelize Brink van die lewe in Katalonië in Spanje, waar hulle ‘n klipruïne gekoop, en self tot ‘n huis omskep het. Hy sê dis ‘n fietsryparadys waar mens dit rustig vat....more11minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,453 episodes available.