Die Kaapse Floraryk, of Capensis, is een van ses Floraryke op aarde. Unesco het reeds 21 jaar gelede, in 2004, dié toevoeging op hulle wêrelderfenisgebiede aangebring. Vandag, op Erfenisdag, is dit ook Fynbos Erfenisdag, en vir tuinliefhebbers is dit ‘n gulde geleentheid om met ‘n inheemse stukkie tuin te begin. Ironies Johan Rademan het ‘n Gautengse fynbosinvloed in die Overberg raakgeloop, en of jy in die Noorde of Suide van Suid-Afrika bly, daar is geen verskoning om nie inheems te plant uit die Kaapse Blomkoninkryk in bykans enige plek in die land nie. Johan gesels met Nico Thuynsma wat meer as 200 soorte Ericas, Fynbos en Proteas kweek.