Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,453 episodes available.
August 26, 2026Colin Fluxman (Deel 1)Jy sal hom onthou as destydse SAUK TV-nuusleser en aanbieder van die gewilde misdaadprogram, Police File. Hy was ook omroeper en programbestuurder van die eerstydse Springbok Radio. Colin Fluxman woon al langer as 30 jaar in Amerika, waar hy as steeds sy ding doen as stemkunstenaar. Hy is ‘n pa van vyf en oupa van sewe. Haidee Muller-Isaacs het hom op 'n heel interessante manier opgespoor......more9minPlay
August 26, 2026Dorpsgeheime: Calvinia se reuse posbusDr. Ervin Coetzee vertel vir Martelize Brink van Calvinia se reuse posbus, die grootste in die wêreld....more8minPlay
August 26, 2026Verkoelde brakkiepakkies vir Japan se hondeIn Japan verkoop hulle klere vir honde, wat help teen die hitte. Battery-aangedrewe waaiers blaas lug oor ys in die halsband voor dit oor die hond sirkuleer....more2minPlay
August 25, 2026Êrens oorsee: ViëtnamJurgie Schoeman vertel van die lewe in Viëtnam. Hy sê dit is daardie tyd van die jaar wanneer rys geoes word....more15minPlay
August 25, 2026Anthea se storieHaidee Muller-Isaacs gesels met Groeipyne se Anthea Fredericks, wat ook 'n nuusskrywer is by die SAUK. Sy vertel van haar kleurryke joernalistieke loopbaan, en die verlies van die liefde van haar lewe in 2021....more10minPlay
August 25, 2026Medalje-molesDaar was ‘n glips met die ontwerp van die Syndey-marathon se medaljes. In plaas van Sydney se Allianz Stadion verskyn München in Duitsland se Allianz Arena saam met ander Sydneybakens op die medalje....more2minPlay
August 24, 2026SA se sardyntjies het herpesMariene bioloog Maryke Musson vertel vir Martelize Brink van die sardynherpes wat sardyntjies aan die Weskus het, en die impak wat die siekte in Nieu-Seeland en Australië gehad het....more8minPlay
August 24, 2026In die wêreld van landbou 24 Augustus 2026In hierdie week se landbounuus: Graan SA en ‘n aantal bedryfsvennote oorhandig ‘n petisie aan die JSE. Kommer oor die verspreiding van bek-en-klouseer in die Oos-Kaap. SA se landboubedryf groei met gemiddeld sowat 3% per jaar. Indië keur nuwe uitvoervoorwaardes vir Suid-Afrikaanse sitrus goed....more6minPlay
August 24, 2026Organies, vrylopend, graangevoer en grasgevoerProf. Phillip Strydom vertel vir Martelize Brink wat die terme, organies, vrylopend, graangevoer en grasgevoer beteken op die etikette op vleis....more9minPlay
August 24, 2026'n Prins vir BelgiëMotorverkoopsman Clément Vandenkerckhove is verlede week erken as ‘n Belgiese prins, egter sonder koninklike toelae, amptelike pligte en aanspraak op die Belgiese troon. Prins Clément se ma het ‘n verhouding met die koning se broer, prins Laurent, gehad voor sy huwelik met prinses Claire in 2003....more2minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,453 episodes available.