Sign up to save your podcasts
Or

Hier is 'n Podcast oor self-ontdekking. Om jouself te ontdek kan 'n baie angswekkende reis wees. Dis nie altyd lekker om eerlik met jouself oor jouself te moet wees nie. Baie van ons het idees oor onsself in ons koppe wat ons eerder nie wil omkrap nie. Maar tog as dinge skeef loop is ons onseker oor hoe om onsself te hanteer en beheer.
Die eerste deur wat ons gaan oopmaak is SELFSORG. Dis belangrik om te weet hoe ons na onsself kyk. Hoe pas ons ons eie emosies en lewens op? Hoe maak ons seker die lewe se stres en druk oorweldig ons nie?
Ons het 'n kenner op die gebied gevra om ons te help dink oor hierdie belangrike topic. Corne Badenhorst het op 'n stadium by ons kom kuier en vir ons kom vertel oor SELFSORG. Haar toespraak is op die Podcast hieronder beskikbaar.
Corne is die hart agter die Facebook blad Katrienkie. Hier bied sy hoop vir duisende, en sy kan vandag vir jou ook hoop gee.
Luister saam:
By NG BonaeroparkHier is 'n Podcast oor self-ontdekking. Om jouself te ontdek kan 'n baie angswekkende reis wees. Dis nie altyd lekker om eerlik met jouself oor jouself te moet wees nie. Baie van ons het idees oor onsself in ons koppe wat ons eerder nie wil omkrap nie. Maar tog as dinge skeef loop is ons onseker oor hoe om onsself te hanteer en beheer.