Didius kom uit ’n gebou gehardloop en roep wild om hulp. Loeloeraai beveel aan dat Cleož hom op ’n veilige plek uitvra terwyl hy en Watwo onder elektromagnetiese verhulling gaan kyk of hulle die oorsaak van Didius se hulpgeroep kan opspoor. Cleož besluit die veiligste plek om Didius uit te vra, is in die Kronogmoš. Dit het egter katastrofiese gevolge!