"You must be NUTS to BOLT across South Africa in a cheap jalopy."
Mnr Sas du Plessis vertel meer van die avontuur - met 'n doel.
18 ou karre poog om 6 450km in 18 dae op die landsgrense rondom SA te toer om fondse vir liefdadigheidsorganisasies in te samel.
Baie dankie aan elke Omgee-Loerie met 'n omgee-hart asook die borge wat hierdie projek ondersteun.
Ons nooi u graag uit om 'n draai te maak en die inisiatief te kom ondersteun. Waai vir ons op die pad of maak 'n skenking vir hierdie wonderlike doel.