SFM Gesondheid Sake

SFM Gesondheid Sake

Download on the App Store

SFM Gesondheid Sake episodes

  • Gesondheidsake - ☀️ Dalk lê jou volgende voorskrif buite? ☀️ - 28 Oktober 2026
    🌿☀️ Dalk lê jou volgende voorskrif buite?
    Vandag op Gesondheidsake gesels Gerda met Danny oor iets wat verniet en oral om ons beskikbaar is — sonlig, vars lug en tyd buite. 🌞🌳
    Hulle praat onder meer oor:
    🌤️ hoe buitelig ons gesondheid kan ondersteun
    🚶‍♀️ hoe om meer tyd buite deel van jou leefwyse te maak
    👀 die vraag: “When last did you feast your eyes?
    🌸 hoe ’n ingesteldheid op die mooi om ons ook ’n verskil kan maak
    ☀️ en natuurlik Gerda se **sonskyngedagte** vir die week.
    🎧 Luister weer na die volledige gesprek.
    📻 Skakel in: 90.1 FM & 104.1 FM in die Tuinroete☀️
    #Gesondheidsake #SFMStreekRadio #Gesondheid #Sonlig #VarsLug #Buitelug #Leefstyl #Sonskyngedagte #LuisterWeer
    17 min
  • 🥑Gesondheidsake | Jy is wat jy eet - 07 Oktober 2026
    🎙️ JY IS WAT JY EET
    Christine van The Local Choice Hartenbos Apteek gesels met Danny oor hoe jou dieet en leefstyl jou gesondheid kan beïnvloed.
    🥑 Verwerkte vs regte voeding
    💪 Energie, inflammasie en algemene welstand
    💊 Aanvullings en ’n gebalanseerde dieet
    ✅ Klein veranderinge wat ’n groot verskil kan maak
    🎧 Luister weer na die volledige gesprek.
    #Gesondheidsake #SFMStreekRadio #JyIsWatJyEet #TheLocalChoiceHartenbosApteek #LuisterWeer
    17 min
  • SA NATURAL PRODUCTS | LIVING NATURALLY ACADEMY - 06 Oktober 2026
    🌿 BETAALDE INHOUD | LIVING NATURALLY ACADEMY
    Vandag gesels Danny met Anette Rheeder, koördineerder van die SA Natural Living Academy, oor hul volgende Living Naturally Academy-kursus wat van 10–12 November 2026 by Ilita Lodge, Groot-Brakrivier aangebied word.
    Die gesprek gaan onder meer oor:
    🔹 Wat dié kursus uniek maak
    🔹 Die onderwerpe wat behandel word
    🔹 Wie die kursus kan bywoon
    🔹 Koste en hoe om in te skryf
    📱 WhatsApp: 079 144 1178
    🎧 LUISTER WEER na die volledige gesprek en kry al die besonderhede.
    #Gesondheidsake #SFMStreekRadio #LivingNaturallyAcademy #NatuurlikeGesondheid #GrootBrakrivier #Tuinroete
    12 min
  • 🎙️ Gesondheidsake | Parasiete & Biofilms - 30 September 2026
    🎙️ Vandag gesels Gerda van The Local Choice Hartenbos Apteek verder oor parasiete en kyk ons onder meer na:
    🦠 Wat presies is ’n parasiet-biofilm en waarom kan dit behandeling bemoeilik?
    🔬 Hoe word moontlike parasiete met ’n F-skandering ondersoek?
    🌙 Is daar ’n verband tussen parasiete en simptome wat sommige mense snags ervaar, soos wakker word in die vroeë oggendure en tandekners?
    🧹 Wat behels die sogenaamde “mop-up” proses ná behandeling?
    ☀️ Gerda sluit soos altyd af met haar sonskyngedagte vir die dag.
    🎧 LUISTER WEER:
    Het jy die gesprek gemis of net ’n gedeelte gehoor? Luister weer na die volledige Gesondheidsake-gesprek op SFM Streek Radio se aanlyn platforms.
    📍 Vir meer inligting of om navraag te doen oor ’n F-skandering, kontak The Local Choice Hartenbos Apteek.
    #Gesondheidsake #SFMStreekRadio #HartenbosApteek #Parasiete #Biofilm #Gesondheid #FSkandering
    19 min
  • Gesondheidsake: 🤧nies, jeuk en ’n toe neus – dis weer lentetyd! - 02 September 2026
    🌼 lente in die lug… en stuifmeel ook 🤧
    Lente is heerlik – totdat die nies, toe neus en jeukerige oë begin!
    In vandag se Gesondheidsake gesels ons saam met The Local Choice Hartenbos Apteek oor:
    🌿 Waarom allergieë in die lente opvlam
    🤧 Hoe om jou snellers te herken
    💧 Veilige soutwater-neusspoeling
    💊 Wanneer antihistamiene en neussproeie kan help
    🥗 Die rol van voeding, probiotika en leefstyl
    ☀️ Vitamien D en ondersteuning van die immuunstelsel
    🎧 Het jy die gesprek gemis? Luister weer op SFM Streek RADIO se Facebook-blad.
    📻 90.1 FM – Mosselbaai, Hartenbos, George en Knysna
    📻 104.1 FM – Oudtshoorn, Uniondale en die Langkloof
    #Gesondheidsake #SFMStreekRadio #HartenbosApteek #Allergieë #Lente
    18 min
  • Gesondheidsake: Bewusmaking van onvrugbaarheid - 26 Agustus 2026
    Onvrugbaarheid: leefstyl, voeding en ondersteuning
    Gerda gesels oor onvrugbaarheid en die rol wat leefstyl kan speel wanneer ’n mens beplan om swanger te raak.
    Ons het onder meer gekyk na:
    • die invloed van stres
    • die rol van dieet en voeding
    • voedselaanvullings en moontlike tekorte
    • leefstylaanpassings wat vrugbaarheid kan ondersteun
    Het jy die gesprek gemis?
    🎧Luister gerus weer na die volledige onderhoud en hoor ook hoe jy by ELIM kan bespreek vir verdere ondersteuning.
    📻 SFM Streek Radio
    90.1 FM | Mosselbaai, Hartenbos, George & Knysna
    104.1 FM | Oudtshoorn, Uniondale & Langkloof
    #SFMStreekRadio #Gesondheidsake #Onvrugbaarheid #Vrugbaarheid #ELIM #Vrouegesondheid #Leefstyl #Voeding
    15 min
  • 😴 Voel jy konstant moeg, geïrriteerd of emosioneel uitgeput? Dit mag meer as net stres wees... 05 Agustus 2026
    In hierdie week se Gesondheidsake het Christine gesels oor uitbranding (burnout) – die tekens wat ons dikwels miskyk en hoe chroniese stres ons liggaam, brein en emosies beïnvloed.
    Christine het onder meer gesels oor:
    ✅ Die vroeë waarskuwingstekens van uitbranding
    ✅ Hoekom chroniese stres jou liggaam én brein affekteer
    ✅ "Brain fog", vergeetagtigheid en emosionele uitputting
    ✅ Die belangrikheid van kwaliteit slaap, beweging en gesonde voeding
    ✅ Praktiese leefstylveranderinge wat herstel kan ondersteun
    ✅ Natuurlike aanvullings soos Magnesium, B-kompleks, Omega-3, Vitamien D en Ashwagandha
    🌿 Onthou: Jy kan nie uit 'n leë beker skink nie.
    🎧 Luister weer:
    #Gesondheidsake #HartenbosApteek #Uitbranding #Burnout #StresBestuur #HolistieseGesondheid #Welstand #SFMStreekRADIO 🎧
    15 min
  • Gesondheidsake🧠 Stres hoef jou nie te beheer nie – leer hoe om dit reg te bestuur. 🌿 29 Julie 2026
    In hierdie week se Gesondheidsake het Gerda waardevolle wenke gedeel oor hoe ons stres beter kan hanteer – nie net deur ons ingesteldheid te verander nie, maar ook deur eenvoudige leefstylgewoontes wat 'n groot verskil kan maak.
    Ons het onder meer gesels oor:
    ✅ Die invloed van jou gedagtes op stres
    ✅ Praktiese asemhalingstegnieke
    ✅ Die belangrikheid van voldoende slaap en gereelde beweging
    ✅ Dankbaarheid en gebed as deel van emosionele welstand
    ✅ Natuurlike aanvullings soos magnesium, B-vitamiene, Omega-3, Ashwagandha en L-Theanine wat die liggaam kan ondersteun
    🎧 Het jy die gesprek gemis?
    🎙️ Luister weer op SFM Streek RADIO se platforms en deel dit gerus met iemand wat tans onder druk verkeer. Soms is die eerste stap na beter gesondheid om net anders na stres te begin kyk.
    15 min
  • GESONDHEIDSAKE | Leer om stres te bestuur voordat dit jóú bestuur - 01 Julie 2026
    Stres is deel van die lewe – maar dit hoef nie jou lewe oor te neem nie.
    🎙️ In hierdie week se Gesondheidsake gesels Danny met Christine van The Local Choice Hartenbos Apteek oor praktiese maniere om stres gesonder te hanteer. Ons kyk na hoe jou gedagtes jou liggaam beïnvloed, eenvoudige tegnieke om spanning te verminder, en watter natuurlike aanvullings moontlik ondersteuning kan bied.
    💚 Onthou: Jy kan nie altyd beheer wat met jou gebeur nie, maar jy kan beheer hoe jy daarop reageer.
    🎧 Luister weer:
    📻 90.1 FM | 104.1 FM
    💻 www.sfmstreek.com
    #Gesondheidsake #SFMStreekradio #TheLocalChoiceHartenbosApteek #Stresbestuur #Gesondheid #Welstand
    14 min
  • GESONDHEIDSAKE | Hoe help ons ander om beter gesondheidskeuses te maak? 💚24 Junie 2026
    Ons almal wil graag die mense vir wie ons omgee help om gesonder te leef. Maar werk preke, druk en argumente regtig?
    In hierdie week se Gesondheidsake gesels Gerda van The Local Choice Hartenbos Apteek oor wat die wetenskap sê oor positiewe invloed, en hoe ons eie voorbeeld 'n blywende verskil kan maak.
    🎙️ Luister na 'n praktiese gesprek vol eenvoudige wenke wat jou kan help om gesonder besluite – en beter verhoudings – te bou.
    📻 Skakel in: 90.1 FM & 104.1 FM of luister regstreeks aanlyn by www.sfmstreek.com.
    #SFMStreekradio #Gesondheidsake #TheLocalChoice #HartenbosApteek #GesondeLeefstyl #Gesondheid #Welstand #PositieweInvloed #MaakGesondeKeuses
    15 min

About SFM Gesondheid Sake

From the publisher's feed

Jou weeklikse doses Gesondheid.