Welkom by Episode 12 van die She's Gutsy Podcast!
In hierdie episode gesels ons aanbieder, Juli Kleinhans, met Jean-Marié Stander, 'n regsgeleerde, vrou, ma & mede-eienaar van die Belmont-gastehuis. Baie mense ken haar as die vrou van bekende rugbyspeler CJ Stander. Maar agter daai naam is 'n stil storie van geloof, verlies en 'n moed wat niemand van weet nie.
Ons gesels oor die lang, moeilike pad na haar baba. Oor die dokter na dokter, die toetse, en die kere wat hulle vir haar gesê het dit lyk nie goed nie. Deur alles het sy net bly glo dat dit okay gaan wees, selfs wanneer die mediese antwoorde die teenoorgestelde gesê het.
Dit is 'n verhaal oor wat gebeur wanneer jou geloof en die realiteit voor jou nie ooreenstem nie, en jy kies om steeds vas te hou.
Ons praat ook eerlik oor verlies. Oor haar suster Elsje, wat langs haar gestaan het deur van haar swaarste seisoene, en wat sy in Desember 2023 verloor het. Ons gesels oor hoe hartseer 'n mens vorm, hoe geloof jou anker word wanneer die grond onder jou padgee, en hoe jy aanhou glo wanneer die lewe jou rede gee om op te hou.
Dit is ook 'n gesprek oor identiteit. Oor wie sy is buiten 'n bekende van, oor die stil jare, en oor die lang pad om haar eie naam en stem te vind.
Hierdie is nie 'n stywe onderhoud nie. Dit is 'n ware, unscripted gesprek oor geloof, moed, verlies en die volsirkel-oomblikke wat 'n mens se lewe verander. Geen script, geen opvoering, geen perfeksie.
Gryp 'n koppie koffie (of luister tydens jou volgende oefensessie!), en sluit by ons aan vir 'n kuier met geen druk, geen opvoering en geen perfeksie nie.
Maak seker jy subscribe sodat jy nooit 'n gesprek misloop nie! Ons sal ook baie graag van jou wil hoor in die kommentare: Wat was jou grootste takeaway uit Jean-Marié se storie?
Oefen saam met die Gutsy Gemeenskap op ons Gutsy App: www.gutsy.global
Volg ons op Instagram & TikTok: @gutsy_app @julipoeli_official @shesgutsypodcast
Volg Jean-Marié op Instagram: @jmstander