Kosmos 94.1

Shikongo vergader met buurlande se polisiehoofde


Listen Later

Die polisiehoofde van Namibië, Angola, Botswana, Suid-Afrika, Zambië en Zimbabwe vergader in Kasane in Botswana vir 'n drie-dae-lange raadplegende vergadering om transnasionale georganiseerde misdaad te bespreek. NamPol luitenant-generaal Joseph Shikongo sê die vergadering spruit uit die binasionale kommissie wat verlede jaar in Windhoek vergader het om saam te werk aan oplossings vir die uitdagings. Die konsep-agenda poog om kwessies soos onder meer veediefstal, die smokkel van gesteelde motorvoertuie, mensehandel en migrantesmokkelary te bekamp. Shikongo sê die vergadering is daarop gemik is om wedersydse regshulp te ondersoek.
...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

Kosmos 94.1By Kosmos 94.1