Kompas Gemeente

Skaapskuiling


Listen Later

Nou is die tyd vir gemeenskap. Gedurende die afgelope maande was mense baie afgesonder en ingeperk weens die wêreldwye pandemie. Dit het veroorsaak dat mense moedeloos en naderhand hopeloos begin voel het. Dit is hoekom ons beleef het dat die Here die nuwe reeks op ons harte gedruk het. Nou is dit tyd vir gemeenskap. Daar is werklik krag in Christelike gemeenskap en ons hoop dat elke persoon met hierdie reeks die waarde van gemeenskap sal beleef en hoe dit in die tyd wat voorlê moet lyk. Marius Malan het die reeks vir ons afgeskop en met ons gesels oor skaapskuiling. Ons as mense is geskep vir gemeenskap maar wat is die doel van dit? Kerk en Christelike Gemeenskap is soos 'n skaapskuiling en dit beskerm jou en ander en juis daarom moet ons seker maak ons is deel van dit.



...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

Kompas GemeenteBy Kompas Gemeente