In episode 3 van SkoleSkerts gesels Mariesa Candiotes, een van die SOS se Wolkskooldosente, met Wilna Wilcocks. Wilna is 'n gesoute onderwyser met 31 jaar se ondervinding en gee tans Engels Eerste Addisionele Taal by Laerskool Wierdapark. Hulle gesels oor die uitdagings wat die inperkingstydperk a.g.v. Covid-19 veroorsaak het, maar deel ook die geleenthede wat die nuwe onderrigmetodes inhou vir die toekoms.