Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Welkom by die SOS se SkoleSkerts-podsendings.Die woord "skerts" beteken dat daar 'n grappige of speelse beskouing van iets geneem word, maar hier gaan ernstig gesels word oor boeke, beroepe, skoolwer... more
FAQs about SkoleSkerts:How many episodes does SkoleSkerts have?The podcast currently has 9 episodes available.
October 07, 2020SkoleSkerts - Ep 10 - Ek GROEI (Dr. Dirk Hermann)Dr. Dirk Hermann het as hoofspreker opgetree tydens die SOS se virtuele kongres wat op 24 September 2020 plaasgevind het....more21minPlay
September 18, 2020SkoleSkerts - Ep 9 - Groei saam met die SOS se virtuele kongres 2020In Episode 9 van SkoleSkerts gesels Johan Koekemoer met Alida van Rooyen en Hugo Vermeulen oor die SOS se eerste virtuele kongres op 24 September 2020 van 9:00 tot 13:00. Getrou aan vanjaar se tema beloof die kongres om jou as onderwyser professioneel te help GROEI met inspirerende sprekers, wegbreeksessies deur kundiges en die heerlikste vermaak....more12minPlay
September 11, 2020SkoleSkerts: Ep8 - Die erns van kopieregJana Terblanche en Marnelda de Beer kyk in episode 8 van SkoleSkerts na kopiereg en wat onderwysers te doen staan wanneer hulle inhoud in werkkaarte en eksamens in hul klaskamers en op ander platforms wil gebruik. Hulle gesels met Olga Wyngaard, Bestuurder: Regte en kontrakte by NB Uitgewers se Kopieregafdeling en Henk Viljoen, die Streeksverkoopbestuurder van NB-Skole....more54minPlay
September 04, 2020SkoleSkerts - Ep 7 - 'n Dag in die lewe van...'n Grondslagfase- en kleuterskooljuffrou (Marnelda de Beer en Anéll Harper)In Episode 7 van SkoleSkerts gesels die SOS se eie Marnelda de Beer (Afrikaanse Grondslagfase Vereniging) en Anéll Harper (Kleuterskoolvereniging) oor die vreugdes en trane van onderwyser wees vir die jonger maatjies. Om 'n Grondslagfase- of kleuterskooljuffrou te wees is nie vir sissies nie, maar ook hul heel grootste passie....more38minPlay
August 28, 2020SkoleSkerts: Ep 6 - Die Boekrak (Paul Maritz)In episode 6 van SkoleSkerts gesels Johan Koekemoer met Paul Maritz. Paul het ´n meestersgraad in Teologie en leef sy roeping van diens aan God en medemens daagliks uit. Hy het in 2018 by Solidariteit begin werk en fokus spesifiek op die bemarking en ontwikkeling van Solidariteit Jeug. Hy het ook onlangs die boek "Afrikanertoekoms 101" in samewerking met Flip Buys bekendgestel, waarin hulle poog om die mees algemene vrae wat jong Afrikaners vra, kort en kragtig te beantwoord....more44minPlay
August 21, 2020SkoleSkerts: Ep 5 - 'n Dag in die lewe van...'n Joernalis (Elaine Krige)Joernalistiek is Elaine Krige se passie en sy leef dít voluit. In episode 5 van SkoleSkerts gesels sy met Johan Koekemoer oor haar loopbaan tot dusver en gee raad aan voornemende joernaliste. Luister saam na 'n dag in die lewe van...'n Joernalis....more39minPlay
August 14, 2020SkoleSkerts: Ep 4 - Afrikaans is lekker (Sophia Kapp)Op 14 Augustus vier ons Afrikaanse Taaldag en daarom gesels SkoleSkerts in Episode 4 met Sophia Kapp. Johan Koekemoer het by haar gaan kers opsteek oor taalgebruik, taaltaboe's en ander taaltameletjies waaroor ons daagliks wonder. Sophia is 'n bekroonde skrywer en sedert 2013 lid van die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en is verder betrokke by die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)....more57minPlay
August 07, 2020SkoleSkerts: Ep 3 - Onderwysers en hul dinge (Wilna Wilcocks)In episode 3 van SkoleSkerts gesels Mariesa Candiotes, een van die SOS se Wolkskooldosente, met Wilna Wilcocks. Wilna is 'n gesoute onderwyser met 31 jaar se ondervinding en gee tans Engels Eerste Addisionele Taal by Laerskool Wierdapark. Hulle gesels oor die uitdagings wat die inperkingstydperk a.g.v. Covid-19 veroorsaak het, maar deel ook die geleenthede wat die nuwe onderrigmetodes inhou vir die toekoms....more27minPlay
July 31, 2020SkoleSkerts: Ep 2 - Die Boekrak (Flip Buys)In episode 2 van SkoleSkerts gesels Johan Koekemoer met Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, oor sy boek, Die pad na selfbestuur: Anderkant die mislukking van staatsbestuur....more56minPlay
FAQs about SkoleSkerts:How many episodes does SkoleSkerts have?The podcast currently has 9 episodes available.