SkoleSkerts

SkoleSkerts

By Skoleondersteuningsentrum (SOS)Society & CultureEducationKids & Family
Download on the App Store

SkoleSkerts episodes

  • SkoleSkerts - Ep 9 - Groei saam met die SOS se virtuele kongres 2020
    In Episode 9 van SkoleSkerts gesels Johan Koekemoer met Alida van Rooyen en Hugo Vermeulen oor die SOS se eerste virtuele kongres op 24 September 2020 van 9:00 tot 13:00. Getrou aan vanjaar se tema beloof die kongres om jou as onderwyser professioneel te help GROEI met inspirerende sprekers, wegbreeksessies deur kundiges en die heerlikste vermaak.
    12 min
  • SkoleSkerts: Ep8 - Die erns van kopiereg
    Jana Terblanche en Marnelda de Beer kyk in episode 8 van SkoleSkerts na kopiereg en wat onderwysers te doen staan wanneer hulle  inhoud in werkkaarte en eksamens in hul klaskamers en op ander platforms wil gebruik. Hulle gesels met Olga Wyngaard, Bestuurder: Regte en kontrakte by NB Uitgewers se Kopieregafdeling en Henk Viljoen, die Streeksverkoopbestuurder van NB-Skole.
    54 min
  • SkoleSkerts: Ep 6 - Die Boekrak (Paul Maritz)
    In episode 6 van SkoleSkerts gesels Johan Koekemoer met Paul Maritz. Paul het ´n meestersgraad in Teologie en leef sy roeping van diens aan God en medemens daagliks uit. Hy het in 2018 by Solidariteit begin werk en fokus spesifiek op die bemarking en ontwikkeling van Solidariteit Jeug. Hy het ook onlangs die boek "Afrikanertoekoms 101" in samewerking met Flip Buys bekendgestel, waarin hulle poog om die mees algemene vrae wat jong Afrikaners vra, kort en kragtig te beantwoord.
    44 min
  • SkoleSkerts: Ep 4 - Afrikaans is lekker (Sophia Kapp)
    Op 14 Augustus vier ons Afrikaanse Taaldag en daarom gesels SkoleSkerts in Episode 4 met Sophia Kapp. Johan Koekemoer het by haar gaan kers opsteek oor taalgebruik, taaltaboe's en ander taaltameletjies waaroor ons daagliks wonder. Sophia is 'n bekroonde skrywer en sedert 2013 lid van die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en is verder betrokke by die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA).
    57 min
  • SkoleSkerts: Ep 3 - Onderwysers en hul dinge (Wilna Wilcocks)
    In episode 3 van SkoleSkerts gesels Mariesa Candiotes, een van die SOS se Wolkskooldosente, met Wilna Wilcocks. Wilna is 'n gesoute onderwyser met 31 jaar se ondervinding en gee tans Engels Eerste Addisionele Taal by Laerskool Wierdapark. Hulle gesels oor die uitdagings wat die inperkingstydperk a.g.v. Covid-19 veroorsaak het, maar deel ook die geleenthede wat die nuwe onderrigmetodes inhou vir die toekoms.
    27 min

About SkoleSkerts

From the publisher's feed

Welkom by die SOS se SkoleSkerts-podsendings.