Op 14 Augustus vier ons Afrikaanse Taaldag en daarom gesels SkoleSkerts in Episode 4 met Sophia Kapp. Johan Koekemoer het by haar gaan kers opsteek oor taalgebruik, taaltaboe's en ander taaltameletjies waaroor ons daagliks wonder. Sophia is 'n bekroonde skrywer en sedert 2013 lid van die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en is verder betrokke by die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA).