Die Cordis Trust is vanjaar 25 jaar oud, en Ilse Salzwedel gesels met die stigter, dr. Fanie Marais, oor die trust se wye verskeidenheid werk in, en vir, Afrikaans. Die gewilde skrywer Sophia Kapp gesels oor die boek wat van haar ‘n skrywer gemaak het, en ander boeke wat sy nooit sal vergeet nie. Johan Myburg vertel hoe die wêreld gereageer het op die dood van die dramaturg ,Athol Fugard, en jy kan ook luister na ‘n kort argiefonderhoud van ‘n dekade gelede waarin Fugard vir Anita Visser vertel hoe dit voel om op 83 weer in een van sy eie toneelstukke op te tree. Johan vertel ook meer oor die kortlyste vir die 2025 British Book Awards, of Nibbies, soos die pryse ook bekend staan.