Skrywers en Boeke

Skrywers en Boeke

Download on the App Store

Skrywers en Boeke episodes

  • Skrywers en boeke: Keina Swart (Swerwerskraal); Kinderboekuitgewer Shawna Leze Meiring
    3 November 2026: Ilse Salzwedel gesels met Keina Swart oor haar roman SWERWERSKRAAL (gebaseer op ‘n ware verhaal). Jy kan ook luister na ‘n gesprek wat Christelle Webb-Joubert tydens die Woordfees gevoer het met Shawna Leze Meiring, ‘n kinderboekuitgewer. In Johan Myburg se drie internasionale bydraes bring hy hulde aan Ryu Murakami, die Japanse skrywer wat onlangs oorlede is. Hy vertel meer oor die digter Sarah Howe, wat onlangs met die Forwardprys bekroon is, en gesels oor Jonathan Swift se GULLIVER’S TRAVELS, wat vanjaar 300 jaar gelede vir die eerste keer verskyn het.
    55 min
  • Skrywers en boeke: Martin Steyn (BLINDE KOL); Debat oor KI-boeke kry nuwe momentum
    28 Oktober 2026: Ilse Salzwedel gesels met Martin Steyn oor sy jongste roman, BLINDE KOL. Johan Myburg vertel meer oor ‘n nuwe boek deur Isabelle Allende. Hy kyk ook na voorspellings oor vanjaar se Bookerpryswenner, en het ook nuus oor ‘n wêreld-eerste: ‘n Franse prys vir ‘n KI-roman. In aansluiting daarby gesels Ilse Salzwedel met ‘n paar bekende Suid-Afrikaanse skrywers en een uitgewer oor Coral Hart, ‘n Suid-Afrikaanse skrywer wat beweer dat sy die afgelope 20 maande 371 boeke met kunsmatige intelligensie geskep en gepubliseer het. Die skrywers Deon Meyer, Jaco Jacobs en Christelle Wessels en die skrywer en vertaler Karin Schimke deel hulle mening hieroor. Annie Olivier, uitgewershoof van Jonathan Ball Uitgewers, gee ook haar insette as uitgewer.
    52 min
  • Skrywers en boeke: Hulde aan Linda Rode; Chris Vorster oor TOBIE
    21 Oktober 2026: Die kinderboekkenner, skrywer en vertaler, Linda Rode, is onlangs oorlede. Luister na ‘n onderhoud wat Ilse Salzwedel in 2014 met haar gevoer het. Die akteur, skrywer en akademikus, Chris Vorster, gesels oor sy biografie van Tobie Cronjé, TOBIE. Johan Myburg berig oor nog ‘n letterkundeprys wat in die nuus is weens bewerings van die gebruik van kunsmatige intelligensie, en verduidelik hoekom Sally Rooney, ‘n gewilde Ierse skrywer, se boeke voortaan nie meer in die Verenigde Koninkryk verkoop sal word nie. Jy kan ook meer uitvind oor Jeffrey Archer, nog ‘n bekende skrywer wat verlede week oorlede is.
    52 min
  • Skrywers en boeke: Jean Cooper (WAAR DIE TEERPAD OPHOU); Nederlandse digter Mustafa Stitou
    14 Oktober 2026: Ilse Salzwedel gesels met Jean Cooper oor sy boek, WAAR DIE TEERPAD OPHOU, waarin hy skryf oor sy 80 dae per motorfiets deur Afrika. Dr. Marni Bonthuys van die UWK gesels met die besoekende Nederlandse digter, Mustafa Stitou. Johan Myburg het ook vier insetsels oor die internasionale boekewereld. Hy gesels onder andere oor nog ‘n letterkundeprys wat teruggehou word weens bewerings oor die gebruik van kunsmatige intelligensie. Hy bring ook hulde aan die Skotse misdaadskrywer, Peter May, en stel ons voor aan Anne Carson, vanjaar se wenner van die Nobeprys vir letterkunde. Jy kan ook meer hoor oor die Park Kyung-ni-literatuurprys, wat toegeken is aan die Suid-Afrikaanse skrywer en Bookerpryswenner, Damon Galgut.
    53 min
  • Skrywers en boeke: Bekroningsplegtigheid van SA Akademie vir Wetenskap en Kuns
    7 Oktober 2026: Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns bekroon jaarliks uitsonderlike werk in die Afrikaanse letterkunde. Ons neem jou saam na vanjaar se bekroningsaand. Die digters Lynthia Julius (KINDERLê) en Alwyn Roux (WEERSKYN) is vanjaar die gesamentlike wenners van die Eugene Maraisprys vir poësie. Naomi Morgan is vereer met die Akademieprys vir Vertaalde Werk vir haar vertaling van ONS WAG VIR GODOT. Jy kan ook hoor wat Bun Booyens (ontvanger van die L.W. Hiemstraprys vir sy nie-fiksieboek, TROEP) tydens sy aanvaardingstoespraak gesê het oor Hiemstra se nalatenskap. Tom Dreyer, wenner van vanjaar se Hertzogprys vir sy debuutbundel, NOU IN INFRAROOI, vertel van ‘n aand uit sy kleintyd wat die eerste gedig in sy wenbundel geïnspireer het.
    50 min
  • Skrywers en boeke: Joan Hambidge se 70e verjaarsdagviering by Tuin van Digters
    30 September 2026: Die digter en akademikus Joan Hambidge se 70e verjaarsdag is tydens die onlangse Tuin van Digters by die Breytenbachsentrum op Wellington gevier. Ons luister na ‘n geredigeerde weergawe van hierdie huldigingsgeleentheid. Dis saamgestel deur prof. Karen de Wet van die Universiteit van Johannesburg, en Nina Swart het Hambidge se gedigte voorgelees. In sy drie bydraes uit die internasionale boekewêreld het Johan Myburg nuus oor die Booker-kortlys wat pas aangekondig is. Hy vertel ook meer oor die werk van die digter Mary Oliver. En het jy geweet dat belangstelling in die Nobelprys – wat binnekort aangekondig word – aangehits word deur die spekulasie van beroepswedders? Johan vertel hoe verskeie skrywers se kanse volgens wedders vergelyk.
    52 min
  • Skrywers en boeke: Loftus Marais oor Karel Schoeman-biografie DAARDIE LEWE
    23 September 2026: Loftus Marais gesels oor Karel Schoeman se biografie, DAARDIE LEWE. Vind meer uit oor die boeke wat vanjaar bekroon is met ATKV Woordveertjies. Johan Myburg bring hulde aan die skrywers Bonnie Greer en Annie Dillard, wat onlangs oorlede is, en vertel meer oor die langlys vir die VSA se National Book Awards-vertaalprys. Ons maak ‘n draai by die Tuin van Digters, en jy kan luister na ‘n toespraak wat Johan Myburg daar gehou het met die tema, Hoekom vertel ons stories? Johan gesels ook met Joan Hambidge, wie se 70e verjaarsdag tydens die geleentheid gevier is.
    53 min
  • Skrywers en boeke: Henda Olivier (DONKERHART); Erla Diedericks (JAGSPINNEKOP)
    16 September 2026: Aanhangers van die Gruffalo (Goorgomgaai in Afrikaans) sal bly wees om te hoor daar is ‘n splinternuwe boek in dié reeks, GRUFFALO GRANNY. Ilse Salzwedel gesels met Henda Olivier oor haar spannende roman, DONKERHART. Erla Diedericks vertel meer oor JAGSPINNEKOP, haar jongste roman. In Johan Myburg se bydraes oor verwikkelinge in die internasionale boekewêreld gesels hy oor THE WEIGHT OF ANGELS deur John Boyne, ‘n nuwe Engelse vertaling van Homeros se ODUSSEIA, en ‘n rits nuwe nie-fiksie boeke, insluitend THE TSAR IN PROPRIA PERSONA: HOW VLADIMIR PUTIN DECEIVED US ALL (Roman Badanin en Mikhail Rubin). Jy kan ook meer uitvind oor die dertien boeke op die Baillie Gifford-langlys, wat titels insluit soos JAMES BALDWIN: A LOVE STORY (Nicholas Boggs), THE GREAT DICTATOR (Matthew Sweet) en THE TRAVELLER (Andrea Wulf).
    49 min
  • Skrywers en boeke: UJ-Pryse vir Afrikaans en Literêre Vertaling
    8 September 2026: Die Universiteit van Johannesburg se pryse vir Afrikaans en die vertaalprys is op 4 September aan die wenners oorhandig. Luister na ‘n geredigeerde weergawe van dié geleentheid om te hoor wat die keurpaneel te sê gehad het oor Antjie Krog se BINNERYM VAN BLOED, Shane van der Hoven (debuutpryswenner) se KRUIPER/CRAWLER, en Wium van Zyl se vertaling van DIE ONGELUKKIGE EN TREURIGE VERHAAL VAN DIE SKIP DIE GOUDEN BUYS 1963. Jy kan ook luister na die skrywers se aanvaardingstoesprake. In sy internasionale bydrae het Johan nuus oor die kortlyste vir vanjaar se Kirkuspryse, en hy bring hulde aan Péter Nádas, die Hongaarse skrywer, en Wendell Berry, die Amerikaanse digter en skrywer. Albei is onlangs oorlede.
    55 min
  • Skrywers en boeke: Olive Schreiner se VAN MAN TOT MAN; Stefaans Coetzee; M.E.R.
    2 September 2026: Prof. Marni Bonthuys gesels oor VAN MAN TOT MAN, ‘n voorheen ongepubliseerde roman van Olive Schreiner was pas in Afrikaans verskyn het. J.M. Coetzee het die oorspronklike teks verwerk, en Antjie Krog het dit in Afrikaans vertaal. Johan Myburg vertel hoe Dolly Parton – wat verlede week oorlede is – oor haar boekprogram vir kinders gevoel het. Hy stel ons voor aan die Nederlandse skrywer, Anjet Daanje, wat deur kenners genoem word as moontlike wenner van vanjaar se Nobelprys vir Letterkunde. Hy vertel ook meer oor die Inside-letterkundeprys in die VSA waarvoor gevangenes die beoordelaars was. Die skrywer en resensent, Stefaans Coetzee, vertel hoe boeke sy lewe agter tralies verander het. Daar is ook ‘n argiefinsetsel oor die lewe en werk van M.E.R. Sy was een van die baanbrekerskrywers en joernaliste in Afrikaans. Jy kan ook hoor hoe sy skryf benader het.
    55 min

About Skrywers en Boeke

From the publisher's feed

n Program oor skrywers en digters en die boeke wat hulle skryf.