Ilse Salzwedel gesels met Francois Bekker oor sy leeslysie. Daar is o.a. twee biografieë, een oor Van Zyl Slabbert, en ‘n outobiografie deur Tony Leon. Hy gee ook sy indrukke van Francois Loots se roman, TWYFELBOS, en die spanningsroman, LENS, deur Gert Coetzee. En vir aanhangers van ware misdaadverhale het hy iets oor die Amerikaanse reeksmoordenaar, Ted Bundy. Ilse gesels ook met Anneke Langner, skrywer van PLATSAK MAAK ‘n PLAN, wat sy op universiteit geskryf het, en wat ook vir skole voorgeskryf is. Johan Myburg bring hulde aan Frederick Forsyth, wat verlede week oorlede is, en vertel meer oor die Duitse skrywer, Thomas Mann, wat in 1929 met die Nobelprys bekroon is.