André P. Brink sou op 29 Mei 2025 sy 90e verjaarsdag gevier het. Ons onthou hierdie groot skrywer met 'n huldeblyk, wat Ina Strydom in 2015 oor hom gemaak het. Zelda Bezuidenhout gesels oor die rolprent wat gemaak is van haar boek, DIE DEKONSTRUKSE VAN RETTA BLOM. In Johan Myburg se internasionale bydraes kan jy meer uitvind oor die splinternuwe klimaatprys, en 'n twiet wat die Australiese skrywer, Karen Wyld, 'n prys gekos het. Hy bring ook hulde aan Ngũgĩ wa Thiong’o, die Keniaanse skrywer, wat onlangs oorlede is.