Rozaan de Wet Boer gesels openhartig met Suzette Myburg oor haar tweede roman, IS JY ORRAAIT, ELIZABETH? wat handel oor die ma van ‘n Downsindroom seun en die vriendinne wat haar ondersteun. Ilse Salzwedel stel jou voor aan die kinder- en jeugboekkenner, MAGDEL VORSTER. In Johan Myburg se internasionale bydraes kan jy meer uitvind oor THE TWELVE CEASARS, ‘n boek uit die tweede eeu wat handel oor Romeinse keisers en wat tans op Brittanje se topverkoperlys is. Johan kyk ook na die uitgewers wie se boeke die International Bookerprys se langlys domineer, en verduidelik die nuwe titel waaronder die Nederlandse poet laureate - voorheen bekend as die Dichter des Vaderlands – deesdae bekend staan.