Vleispryse het vanjaar op baie hoër vlakke in Suid Afrika afgeskop. Veilings was gesluit voor Kersfees, en AMT kyk na waar slagpryse tans staan in die bees- en skaapmark. Reënval en bek-en-klouseer sal na verwagting groot rolspelers in die beesmark wees. In die skaapmark het slagpryse sterk begin, maar ’n moontlike korttermyn-insinking kan in Januarie en Februarie volg. Johny van der Merwe van AMT het meer.