Darren Fourie (Spurs), Jaco Bester (Chelsea) en Christopher Falck (Liverpool) bespreek die onstuimigheid by Spurs. Hoofafrigter Conte is afgedank na 'n dramatiese meltdown voor die kameras. Fabio Paratici, Spurs se direkteur van sokker, word verban van enige sokkerbesigheid as gevolg van sy betrokkenheid by vuilspel by Juventus en dit maak Daniel Levy se taak in die komende tyd net nog meer uitdagend. Kan Spurs top 4 maak met al hierdie uitdagings van die veld af?
Ons bespreek ook Liverpool se taai drie wedstryde wat voorlê: City (A), Chelsea (A) en Arsenal (H). Moet Liverpool al drie wedstryde wen om top 4 te maak en staan Chelsea nog 'n buitekans om daai waardevolle vierde plek hul eie te maak?
GW29 is 'n droom DGW en ons bespreek ook natuurlik FPL picks.
Kom luister saam.