Bergbron Gereformeerde Kerk Preke

Sondag 7 Desember 2025 Stephan Briel


Listen Later

Lees: 1 Joh 4: 7-21. 

Fokus: 1 Joh 4: 18. 

Volmaakte liefde in Christus verdryf vrees. 

·       Baie van ons loop permanent rond met ‘n mate van vrees in ons harte sonder dat ons weet waarvoor – ‘n algemene vrees vir alles wat voorlê en kan gebeur. 

·       Ons leef dikwels (ook in ons verhouding met God) volgens die wêreldse standaard: Jy ontvang wat jy verdien! Johannes noem dit: “vrees verwag straf.” 

·       Mense probeer presteer om die straf van verwerping vry te spring en aanvaar te word. So soek mense hulle selfwaarde in prestasies wat weer lei tot perfeksionisme. 

·       Teenoor die wêreldse standaard is God volmaakte liefde en gee aan ons in Christus nie wat ons verdien nie maar wat ons nodig het: onvoorwaardelike liefde en aanvaarding. 

·       As jy worstel met vrees vir verwerping en perfeksionisme, is God se boodskap aan jou: Jou soeke na liefde en aanvaarding eindig by Christus se volmaakte liefde aan die kruis. 

·       Met ‘n lewe wat oorheers word deur liefde vir God en my naaste, sal ek ervaar hoe vrees vir die toekoms verdwyn. 

 

Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: 

·       Wat dryf jou in die lewe? Watter rol speel vrees vir mislukking en daarmee saam vrees vir verwerping in jou lewe? 

·       Waarin vind jy jou selfwaarde? Glo jy dat as jy perfek lewe almal jou sal aanvaar? 

·       Wat beteken God se volmaakte liefde in Christus? 

·       Hoe verdryf God se volmaakte liefde in Christus vrees vir die toekoms? 

 

...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

Bergbron Gereformeerde Kerk PrekeBy Gereformeerde kerk Bergbron