Die Namibiese Ministerie van Landbou sê die sprinkaanplaag het 50 000 hektaar landerye verwoes en daar is kommer omdat nuwe swerms reeds in die Zambezi-streek opgemerk is. Die streek het ook die eerste plaag verlede jaar Februarie aangemeld. Sprinkane het uiteindelik 9 van die 10 akkerbou gebiede geteister. Die ministerie is geloof vir sy reaksie op die plaag maar dit wil voorkom asof dit alles weer van voor af kan begin as dringende stappe nie geneem word nie. Die Minister Calle Schlettwein gesels vanoggend met Kosmos 94.1 Landbounuus