Die landbou-organisasie Saai sê hulle sal eerder tronk toe gaan as hom kosvoorrade vir armes na die staat se pakhuise te stuur. Dit volg na die staat 'n regulasie afgekondig het dat privaat instansies nie kospakkies aan armes mag uitdeel nie. Theo de Jager van Saai verduidelik hoekom hulle so heftig gekant is teen die regulasie.