RSG-rugbykommentator Stephan Cloete is Donderdag oorlede. Hy word beskou as een van Bloemfontein se Groot sportgeeste. Hy was nie net rugbykommentator nie, maar ook hoof van sport by die Departement Korrektiewe Dienste in die Vrystaat. Jody Hendricks praat met Johan Thormalen wat agt jaar lank rugby saam met Stefan vir RSG in Bloemfontein uitgesaai het.