Een van die tergende vrae oor die ruimte is of dit grense het. Dit is een van die luisteraarsvrae wat beantwoord word. Daar is 'n gesprek oor die probleem van ruimterommel en watter oplossings daar is. Die span praat ook oor die wêreld se grootste vliegtuig wat pas sy eerste toetsvlug onderneem het. Die vliegtuig gaan ingespan word om vuurpyle uit die lug te lanseer.