Liewe Heksie se Spesiale Verjaarsdag-verrassing
Het hekse verjaarsdae? Liewe Heksie is nie so seker nie, maar met die hulp van Blommie Kabouter en Karel Kat, kry sy uiteindelik haar eie spesiale dag! Luister saam hoe Heksie voorberei vir haar groot partytjie, haar pragtige nuwe vlegstrikkies wys en leer dat geskenke nie die enigste rede is waarom vriende bymekaar kom nie.
Hierdie episode is gebaseer op die geliefde "Lekker Liewe Heksie stories" deur Verna Vels. Dit is 'n rustige voorlesing wat ideaal is vir kleuters voor slaptyd of as vermaak tydens 'n lang rit.
Sluit aan by die Storiebeer-familie:As jy en jou kind(ers) hierdie storie geniet het, deel dit asseblief met ander mammas en pappas! Onthou ook om op ons podcast-kanaal in te teken ("Follow") sodat julle nooit 'n storie mis nie.
Kyk die video-weergawe:Gaan loer gerus op ons YouTube-kanaal, Storiebeer, vir die volledige visuele ervaring: https://www.youtube.com/@Storiebeer
Kry gerus die boek by TakeAlot: https://www.takealot.com/all?_sb=1&_r=1&qsearch=lekker%20liewe%20heksie%20stories&via=suggestions&_si=f79a76fb9f6c50d3e8b62c2211effb79#storiebeer
#slaaptydstories #lieweheksie #vernavels #kinderstories #AfrikaanseStories #KleuterVermaak #Slaaptydstories #AfrikaansVirKinders #Blommeland #Luisterstories #SuidAfrikaans #AfrikaansePodcast #YouTubeKidsAfrikaans