Die Namibiese brandstof prys styg vannag met 80 sent ‘n liter vir diesel en petrol. In Suid-Afrika sal die petrolprys met 66 sent ‘n liter styg en diesel met 57 sent ‘n liter. Maar in die buurland gaan tolfooie ook op en in April gaan die buurland se brandstofprys heffing ook op. Die impak op landbou is wesenlik. Dawie Maree die Hoof van Landbou Inligting en Bemarking by FNB Agri-besigheid in die buurland verduidelik...