Kosmos 94.1

Swak internet kniehalter toerisme op platteland


Listen Later

Die Gasvryheidsvereniging van Namibië het alarm gemaak dat agteruitgaande internet- en telekommunikasiedienste in landelike gebiede die land se toerismesektor bedreig. Onbetroubare konnektiwiteit verhoed toerismebesighede om aanlyn besprekings te verwerk en laat reisigers in afgeleë gebiede gevaarlik geïsoleerd. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê die uitvoerende hoof van die vereniging, Gitta Paetzold, dat infrastruktuuropgraderings nou nodig is omdat meer mense as ooit tevore die internet gebruik.
...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

Kosmos 94.1By Kosmos 94.1