Die Swakop bekken is een van die belangrikste opvangs gebiede vir Namibië eenvoudig omdat die sentrale gebied staatmaak op water vir die sentrale damme vir die hoofstad. ‘n Bestuurskomitee vir die Boonste Swakop Bekken word vanoggend om 9-uur van stapel gestuur. Bestuur van die bekken is belangrik omdat baie water van die Swakoprivier herlei word deur grondeienaars en dus, in droër jare is daar minder opvangs in die sentrale damme - Von Bach, Swakoppoort en Omatako. Die Ministerie van Landbou sal advies ontvang van die komitee om waterbronne te bestuur. Margaret Kalo, Woordvoerder van die ministerie het met Kosmos 94.1 Landbounuus gepraat...