‘n Tweetalige woordeboek vir die Grondslagfase, grade 1 tot 4, is pas bekend gestel. ‘n Senior leksikograaf, Delana Fourie, vertel hoe die woordeboek saamgestel is, hoe dit in die klaskamer gebruik kan word en wat die waarde van ‘n woordeboek in die vroeë fase van akademiese onderrig is.