Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Daar word gekyk word na die dinge wat taal beïnvloed en oor ‘n tydperk van sowat 300 jaar beïnvloed het, die redes hoekom ‘n mens op ‘n bepaalde manier skryf, en uitdrukkings, idiome en verskynsels.... more
FAQs about Taaldinge:How many episodes does Taaldinge have?The podcast currently has 755 episodes available.
August 30, 2026Taaldinge: Taalnavrae30 Augustus 2026: Waar kom die woord bestiering vandaan? Waarom word so pas en huis toe los gespel? Het die aandagstreep die komma in gewone geskrewe taal vervang? Alet Cloete en Gerhard van Wyk van die WAT is saam met Ina Strydom in die ateljee om nog ‘n klompie luisteraarsvrae te beantwoord....more19minPlay
August 23, 2026Taaldinge: Taalnavrae23 Augustus 2026: Praat ‘n mens van padwerk, of padwerke? Hoekom is dit burgemeester en nie burgermeester nie? Alet Cloete en Gerhard van Wyk van die WAT is saam met Ina Strydom in die atlejee om dié en ander luisteraarsvrae te beantwoord....more23minPlay
August 16, 2026Taaldinge: Haas se Gat16 Augustus 2026: Gerhard van Huyssteen en Kabous Meiring vertel vir Ina Strydom van ‘n nuwe speletjiesprogram, Haas se Gat, wat binnekort op RSG se webwerf ‘n tuiste sal vind. Ter illustrasie speel hulle die speletjie, wat op “Name, Vanne, Diere, Dorpe” gebaseer is....more21minPlay
August 09, 2026Taaldinge: Die Vriende van Afrikaans se leesprojekte9 Augustus 2026: Die projekbestuurder van die Vriende van Afrikaans, Chareldine van der Merwe, vertel vir Ina Strydom hoe dié organisasie tot stand gekom het, en wat hulle doen om lees en voorlees vir kinders te bevorder. Die VvA is ‘n afdeling van die ATKV....more23minPlay
August 02, 2026Taaldinge: Afrikaanse Wikipedia2 Augustus 2026: Die direkteur van die Afrikaanse Wikipedia, Deon Steyn, vertel vir Ina Strydom watter mylpale die afgelope jaar bereik is; watter uitdagings hulle ervaar; samewerking met ander Afrikaanse instellings; en planne vir die toekoms....more22minPlay
July 26, 2026Taaldinge: Die herkoms van tekstielname26 Julie 2026: Die taaladviseur van VivA, Maureen van Helden, vertel vir Ina Strydom waar tekstielname soos damask, linne en shweshwe vandaan kom. Hulle praat ook ook die taalkompetisie, Woordmeester....more19minPlay
July 19, 2026Taaldinge: Onbeleefde taalgebruik op sosiale media19 Julie 2026: Die taalkundige van die NWU, prof. Gerhard van Huyssteen, vertel vir Ina Strydom van navorsing wat hy en twee kollegas gedoen het oor onbeleefde taalgebruik in kommentaar op sosiale media; hoe die konstruksies lyk, en watter vorme dit kan aanneem ten einde deur te glip by platforms se reëls oor byvoorbeeld vloekwoorde en rassisme....more24minPlay
July 12, 2026Taaldinge: Die Afrikaanse Taalraad12 Julie 2026: Die Afrikaanse Taalraad het onlangs herbesin oor sy rol en die pad vorentoe. Die direksievoorsitter, Daan Potgieter, vertel vir Ina Strydom wat die mandaat is, en hoekom die rol van die ATR so belangrik is vir Afrikaans....more18minPlay
July 05, 2026Taaldinge: Idiome en gesegdes5 Julie 2026: Die herkoms van Afrikaanse idiome en gesegdes kan teruggespoor word na die Griekse mitologie en die Bybel; ook na die Groot Trek en ander tydperke; en na bedrywe soos seevaart. Karien Brits van Akademia gee vir Ina Strydom ‘n paar voorbeelde, en vertel ook waarom dit belangrik is vir taal en taalgebruikers om idiome te hê en te gebruik....more23minPlay
June 28, 2026Taaldinge: Luisteraarsvrae28 Junie 2026: Waar kom die uitdrukking “onder ‘n kalkoen uitgebroei” vandaan? Wat is die herkoms van die woord “affronteer”? En hoe maak ‘n mens seker dat jy moreel en moraal reg gebruik? Gerhard van Wyk en Alet Cloete van die WAT is saam met Ina Strydom in die ateljee om dié en ander vrae te beantwoord....more21minPlay
FAQs about Taaldinge:How many episodes does Taaldinge have?The podcast currently has 755 episodes available.