Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Daar word gekyk word na die dinge wat taal beïnvloed en oor ‘n tydperk van sowat 300 jaar beïnvloed het, die redes hoekom ‘n mens op ‘n bepaalde manier skryf, en uitdrukkings, idiome en verskynsels.... more
FAQs about Taaldinge:How many episodes does Taaldinge have?The podcast currently has 693 episodes available.
September 08, 2024Taaldinge 8 September 2024Kohesie in ‘n teks beteken daar is samehang, of duidelike betekenisverbande. In dié aflewering in die reeks saam met VivA word dié konsep bespreek en die projekbestuurder: Afrikaansgrammatika vir die onderwys, Nadine Fouche-Karsten verduidelik vir Ina Strydom wat die konsep behels en hoe kohesie in ‘n teks verkry word....more24minPlay
September 01, 2024Taaldinge 1 September 2024Waar kom die uitdrukking “drie keer is skeepsreg” vandaan? Hoe word die motorsport “spinning” in Afrikaans genoem? Dié en ander taalnavrae word deur die kundiges by die Woordeboek van die Afrikaanse Taal beantwoord. Ina Strydom stel die vrae....more21minPlay
August 25, 2024Taaldinge 25 Augustus 2024Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns kry op 1 November ‘n nuwe uitvoerende hoof. Ina Strydom het met die aangewese bestuurshoof, dr. Annelise de Vries, gepraat oor die uitdagings wat met die pos gepaard gaan....more21minPlay
August 18, 2024Taaldinge 18 Augustus 2024VivA se projekbestuurder: Afrikaansgrammatika vir die Onderwys, Nadine Fouche-Karsten, praat verder oor die bywoord, as deel van ‘n reeks om Afrikaanse taalkundeonderwysers by te staan. Chareldine van der Merwe, Vriende van Afrikaans se projekbestuurder, vertel meer oor hulle werksaamhede, en in die besonder die boektrommelprojek....more24minPlay
August 11, 2024Taaldinge 11 Augustus 2024As deel van ‘n reeks oor skoolgrammatika, in samewerking met die Virtuele Instituut vir Afrikaans, praat Ina Strydom met die projekbestuurder: Afrikaans grammatika vir die onderwys, Nadine Fouche-Karsten, oor bywoorde....more19minPlay
August 04, 2024Taaldinge 4 Augustus 2024Weet jy waar kom die woord dronklap vandaan, en hoekom is dit die Australiese span en nie die Australiaanse span nie? Alet Cloete en Gerhard van Wyk van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal is saam met Ina Strydom in die ateljee om dié en ander taalnavrae te beantwoord....more19minPlay
July 28, 2024Taaldinge 28 Julie 2024Die gesogte Jan H. Marais-prys vir ‘n uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal, is vanjaar toegeken aan die bekende taalkundige van die NWU, prof. Wannie Carstens. Hy vertel vir Ina Strydom meer oor sy werk en loopbaan in die akademie....more23minPlay
July 21, 2024Taaldinge 21 Julie 2024Die tweede deel van die gesprek oor voegwoorde, fokus onder meer op voegwoordelike bywoorde, en leestekengebruik en voegwoorde. Dit is deel van ‘n reeks oor grammatikahulp aan Afrikaans taalkundeonderwysers in samewerking met VivA. Ina Strydom se gas is Nadine Fouche-Karsten, VivA se projekbestuurder: Afrikaansgrammatika vir die onderwys....more20minPlay
July 14, 2024Taaldinge 14 Julie 2024In die tweede program in die reeks oor grammatikahulp aan Afrikaans taalkundeonderwysers in samewerking met VivA, praat Ina Strydom met Nadine Fouche-Karsten, VivA se projekbestuurder: Afrikaansgrammatika vir die onderwys, oor voegwoorde....more21minPlay
July 07, 2024Taaldinge 7 Julie 2024Ina Strydom praat met Frazer Barry oor die taal van rymklets, en hoe dit gebruik word vir protes en kommentaar; waarom dié term verkieslik is bo kletsrym, en oor rymklets in Afrikaans....more22minPlay
FAQs about Taaldinge:How many episodes does Taaldinge have?The podcast currently has 693 episodes available.