Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Daar word gekyk word na die dinge wat taal beïnvloed en oor ‘n tydperk van sowat 300 jaar beïnvloed het, die redes hoekom ‘n mens op ‘n bepaalde manier skryf, en uitdrukkings, idiome en verskynsels.... more
FAQs about Taaldinge:How many episodes does Taaldinge have?The podcast currently has 700 episodes available.
August 18, 2024Taaldinge 18 Augustus 2024VivA se projekbestuurder: Afrikaansgrammatika vir die Onderwys, Nadine Fouche-Karsten, praat verder oor die bywoord, as deel van ‘n reeks om Afrikaanse taalkundeonderwysers by te staan. Chareldine van der Merwe, Vriende van Afrikaans se projekbestuurder, vertel meer oor hulle werksaamhede, en in die besonder die boektrommelprojek....more24minPlay
August 11, 2024Taaldinge 11 Augustus 2024As deel van ‘n reeks oor skoolgrammatika, in samewerking met die Virtuele Instituut vir Afrikaans, praat Ina Strydom met die projekbestuurder: Afrikaans grammatika vir die onderwys, Nadine Fouche-Karsten, oor bywoorde....more19minPlay
August 04, 2024Taaldinge 4 Augustus 2024Weet jy waar kom die woord dronklap vandaan, en hoekom is dit die Australiese span en nie die Australiaanse span nie? Alet Cloete en Gerhard van Wyk van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal is saam met Ina Strydom in die ateljee om dié en ander taalnavrae te beantwoord....more19minPlay
July 28, 2024Taaldinge 28 Julie 2024Die gesogte Jan H. Marais-prys vir ‘n uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal, is vanjaar toegeken aan die bekende taalkundige van die NWU, prof. Wannie Carstens. Hy vertel vir Ina Strydom meer oor sy werk en loopbaan in die akademie....more23minPlay
July 21, 2024Taaldinge 21 Julie 2024Die tweede deel van die gesprek oor voegwoorde, fokus onder meer op voegwoordelike bywoorde, en leestekengebruik en voegwoorde. Dit is deel van ‘n reeks oor grammatikahulp aan Afrikaans taalkundeonderwysers in samewerking met VivA. Ina Strydom se gas is Nadine Fouche-Karsten, VivA se projekbestuurder: Afrikaansgrammatika vir die onderwys....more20minPlay
July 14, 2024Taaldinge 14 Julie 2024In die tweede program in die reeks oor grammatikahulp aan Afrikaans taalkundeonderwysers in samewerking met VivA, praat Ina Strydom met Nadine Fouche-Karsten, VivA se projekbestuurder: Afrikaansgrammatika vir die onderwys, oor voegwoorde....more21minPlay
July 07, 2024Taaldinge 7 Julie 2024Ina Strydom praat met Frazer Barry oor die taal van rymklets, en hoe dit gebruik word vir protes en kommentaar; waarom dié term verkieslik is bo kletsrym, en oor rymklets in Afrikaans....more22minPlay
June 30, 2024Taaldinge 30 Junie 2024Wat is “hung parliament” in Afrikaans? Hoe word die woord “helaas” gebruik? En wat is volksetimologie? Dié en ander luisteraarsvrae word beantwoord deur Alet Cloete en Gerhard van Wyk van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Ina Strydom stel die vrae namens die luisteraars....more24minPlay
June 23, 2024Taaldinge 23 Junie 2024Die projekbestuurder van Afrikaans.com, Milanie Vosloo, vertel vir Ina Strydom meer oor holistiese ontwikkeling by kinders, hoe taalvaardighede deel uitmaak van kommunikasievaardighede en waarom leesvaardigheid beskou word as die sleutel tot sukses....more23minPlay
June 16, 2024Taaldinge 16 Junie 2024Die Afrikaanse Wikipedia het in die afgelope twee jaar gegroei van net meer as 103 000 tot meer as 117 000 artikels van hoogstaande gehalte. Hoe gaan hulle te werk om gehalte te beheer? En hoe maak hulle seker dat tegniese inligting in goeie Afrikaans weergegee word? Die Direkteur: Afrikaans in die Wikimedia-raad, Deon Steyn, vertel vir Ina Strydom hoe hulle te werk gaan....more24minPlay
FAQs about Taaldinge:How many episodes does Taaldinge have?The podcast currently has 700 episodes available.