Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Daar word gekyk word na die dinge wat taal beïnvloed en oor ‘n tydperk van sowat 300 jaar beïnvloed het, die redes hoekom ‘n mens op ‘n bepaalde manier skryf, en uitdrukkings, idiome en verskynsels.... more
FAQs about Taaldinge:How many episodes does Taaldinge have?The podcast currently has 755 episodes available.
April 12, 2026Taaldinge 12 April 2026Hoe gaan ‘n akademikus te werk om ‘n omvattende akademiese naslaanwerk te omskep in ‘n toeganklike populêr-wetenskaplike boek? Die taalkundige, prof. Wannie Carstens, vertel vir Ina Strydom hoe hy dit benader....more19minPlay
April 05, 2026Taaldinge 5 April 2026Die bekende woordeboekmaker en emeritus-professor by die Departement Afrikaans aan die Universiteit Stellenbosch, prof. Rufus Gouws, vertel vir Ina Strydom waar die WAT inpas in die familie van woordeboeke; hoe daar te werk gegaan word om ‘n omvattende woordeboek saam te stel; en wat van woorde word wat verouderd is of waaroor sensitiwiteit bestaan....more23minPlay
March 29, 2026Taaldinge 29 Maart 2026Die onderwys- en woordeboekman, dr. Willem Botha, vertel vir Ina Strydom van ‘n paar unieke Afrikaanse eienskappe: reduplikasie, die dubbele ontkenning, en die ja-nee konstruksie – en waar dit vandaan kom....more19minPlay
March 22, 2026Taaldinge 22 Maart 2026Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal se Gerhard van Wyk en Alet Cloete is saam met Ina Strydom in die ateljee om luisteraars se taalnavrae te beantwoord. Hulle bespreek onder meer die herkoms van die uitdrukking, deur die mat val, en die woord, repliek....more19minPlay
March 15, 2026Taaldinge 15 Maart 2026Woorde op Wiele is ‘n inisiatief van die private hoëronderwysinstelling, Aros, om lees by tieners in die Noord-Kaap te bevorder. Die projek sal ook Afrikaans as moedertaal en as akademiese taal by plattelandse skole versterk. Dr. Olga Channing van Aros vertel vir Ina Strydom wat die projek behels....more19minPlay
March 08, 2026Taaldinge 8 Maart 2026Wat is ‘n harmansdrup? Waar kom die uitdrukking “die klok hoor lui, maar nie weet waar die bel hang nie” vandaan? Dié en ander luisteraarsvrae word deur Alet Cloete en Gerhard van Wyk van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal beantwoord....more20minPlay
March 01, 2026Taaldinge 1 Maart 2026In die tweede deel van die jaarlikse gesprek oor die stand van Afrikaans die vorige jaar, vertel prof. Wannie Carstens vir Ina Strydom watter aspekte van Afrikaans en die Afrikaanse leefwêreld nog standhoudend is, én hy wys uit waar werk en aandag nodig is....more21minPlay
February 22, 2026Taaldinge 22 Februarie 2026Internasionale Moedertaaldag is deur Unesco ingestel, en word sedert 2000 jaarliks gevier. Milanie Vosloo en Annelie van Jaarsveldt van Afrikaans.com praat met Ina Strydom oor die waarde van moedertaalonderrig vir skoolprestasie en akademiese vordering....more20minPlay
February 15, 2026Taaldinge 15 Februarie 2026Die bekende taalkundige prof. Wannie Carstens deel sy indrukke oor die stand van Afrikaans in 2025 met Ina Strydom in hulle jaarlikse oorsig oor die goeie, die kommerwekkende en die bestendige dinge wat die vorige jaar in Afrikaans sigbaar was....more22minPlay
February 08, 2026Taaldinge 8 Februarie 2026Wat is Afrikaans se posisie in die digitale ruimte? Die Virtuele Instituut vir Afrikaans het pas met ‘n navorsingsprojek begin om die digitale lewenskragtigheid van Afrikaans te meet. Die navorsing word in opdrag van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns gedoen. Die bestuurshoof van VivA, Marlie Coetzee, vertel vir Ina Strydom meer oor die navorsing en die doel daarvan....more21minPlay
FAQs about Taaldinge:How many episodes does Taaldinge have?The podcast currently has 755 episodes available.