Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Daar word gekyk word na die dinge wat taal beïnvloed en oor ‘n tydperk van sowat 300 jaar beïnvloed het, die redes hoekom ‘n mens op ‘n bepaalde manier skryf, en uitdrukkings, idiome en verskynsels.... more
FAQs about Taaldinge:How many episodes does Taaldinge have?The podcast currently has 719 episodes available.
October 12, 2025Taaldinge 12 Oktober 2025Alet Cloete en Gerhard van Wyk van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal is weer saam met Ina Strydom in die ateljee om luisteraars se taalnavrae te beantwoord. Hulle beantwoord onder meer ‘n vraag oor die gebruik van “sny” vir rentekoerse; en verduidelik waar iets soos oliekolonie vandaan kom, en wat dié verskynsel genoem word....more25minPlay
October 05, 2025Taaldinge 5 Oktober 2025Die Afrikaanse Taal- en Letterkundevereniging is onlangs in Bloemfontein gestig. Die voorsitter van die ATLV, dr. Janien Linde van die NWU, vertel vir Ina Strydom wat die doel van die vereniging is, en waarom rolspelers dit tot stand gebring het....more21minPlay
September 28, 2025Taaldinge 28 September 2025Wat is ‘n goeie Afrikaanse vertaling vir ‘n “wake”; en is dit korrek om te praat van ‘n driedubbele moord? Is huidiglik aanvaarbaar? Dié en ander taalnavrae word deur Gerhard van Wyk en Alet Cloete van die WAT beantwoord....more24minPlay
September 21, 2025Taaldinge 21 September 2025Die deskundige getuienis van ‘n forensiese taalkundige, dr. Karien van den Berg van die NWU, het onlangs daartoe gelei dat die EFF-leier Julius Malema, in die Gelykheidshof skuldig bevind is aan haatspraak. Sy vertel vir Ina Strydom hoe taalkundige metodes en beginsels gebruik word om uitlatings te ontleed....more21minPlay
September 14, 2025Taaldinge 14 September 2025Rolprentkenner Leon van Nierop vertel vir Ina Strydom wanneer vloek of kru taal in onder meer rolprente aanvaarbaar is. Hy praat oor geloofwaardigheid en konteks, en ook oor wanneer die gebruik van vloekwoorde onvanpas is of gewoon dui op ‘n lui skrywer. Hulle praat na aanleiding van die nuwe Afrikaanse rolprent MY F*K MARELIZE!...more25minPlay
September 07, 2025Taaldinge 7 September 2025Milanie Vosloo van Afrikaans.com vertel vir Ina Strydom meer oor hulle werksaamhede, wat hulle alles aanbied, en van hulle jongste toevoeging, kunsmatige intelligensie in Afrikaans....more18minPlay
August 31, 2025Taaldinge 31 Augustus 2025Jana Luther van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal vertel vir Ina Strydom hoe die Klassieke Tale, Grieks en Latyn, tale soos Afrikaans, Engels, Nederlands en Frans beïnvloed het. Hulle praat oor ontlening wat nie net die woordeskat van Afrikaans, maar ook die ander tale, verryk en vergroot het....more24minPlay
August 24, 2025Taaldinge 24 Augustus 2025Ina Strydom praat verder met prof. Angelique van Niekerk van die Universiteit van die Vrystaat se Departement Afrikaans, Nederlands, Duits en Frans oor advertensies, na aanleiding van haar professorale intreerede. Alet Cloete en Gerhard van Wyk beantwoord ‘n klompie luisteraarsvrae wat oorgestaan het, onder meer oor die verskil tussen kritiek en krities, en die weglating van met in sekere konstruksies....more27minPlay
August 17, 2025Taaldinge 17 Augustus 2025Ina Strydom praat met prof. Angelique van Niekerk van die Universiteit van die Vrystaat se Departement Afrikaans, Nederlands, Duits en Frans oor advertensies, n.a.v. haar professorale intreerede. Hulle praat in die eerste deel van die gesprek oor taal en betekenis in advertensies, en watter inligting uit advertensies verkry kan word....more22minPlay
August 10, 2025Taaldinge 10 Augustus 2025Waar kom die uitdrukking, so mal soos ’n haas, vandaan? Wat is die verskil tussen klant en kliënt? Dié en ander luisteraarsvrae word deur Alet Cloete en Gerhard van Wyk van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal beantwoord....more21minPlay
FAQs about Taaldinge:How many episodes does Taaldinge have?The podcast currently has 719 episodes available.