Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Daar word gekyk word na die dinge wat taal beïnvloed en oor ‘n tydperk van sowat 300 jaar beïnvloed het, die redes hoekom ‘n mens op ‘n bepaalde manier skryf, en uitdrukkings, idiome en verskynsels.... more
FAQs about Taaldinge:How many episodes does Taaldinge have?The podcast currently has 734 episodes available.
January 25, 2026Taaldinge 25 Januarie 2026Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns wag tans benoemings in vir sy gesogte pryse. Die bestuurshoof, dr. Annelise de Vries, praat met Ina Strydom oor watter pryse vanjaar toegeken word; hoe die proses werk; en waarom die pryse belangriker as ooit is te midde van toenemende druk op Afrikaans as akademiese en openbare taal....more21minPlay
January 18, 2026Taaldinge 18 Januarie 2026Die senior mederedakteur van die WAT, Alet Cloete, en die WAT se eindredakteur, Gerhard van Wyk, is weer saam met Ina Strydom in die ateljee om luisteraarsvrae te beantwoord. Van die vrae wat bespreek word, sluit in die skryfwyse van kombinasies soos “onder 19-span” en die herkoms van die woord “opdok”....more20minPlay
January 11, 2026Taaldinge 11 Januarie 2026Prof. Marné Pienaar van die Departement Tale, Kultuurstudie en Toegepaste Linguistiek aan die Universiteit van Johannesburg, vertel vir Ina Strydom wat Nathan Trantraal se vertaling van die Amerikaanse skrywer Jason Reynolds se LONG WAY DOWN, so besonders maak. Trantraal se vertaling in Kaaps, LANG PAD ONNE TOE, is in 2021 met die UJ Vertaalprys vir jeugtekste bekroon....more20minPlay
January 04, 2026Taaldinge 4 Januarie 2026Alet Cloete en Gerhard van Wyk van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal is saam met Ina Strydom in die ateljee om luisteraarsvrae te beantwoord. Hulle bespreek onder meer die klaarblyklike verdringing van die woord “sake” deur “besigheid”; die herkoms van die woord pistachio-neut; en die verskil tussen weerlê en weerspreek....more18minPlay
December 28, 2025Taaldinge 28 Desember 2025Wat beteken harlaboerla, kannie-koenie en flierefluiter? Jana Luther van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal vertel vir Ina Strydom meer oor dié en nog ‘n paar ander woorde se herkoms, betekenis en gebruike....more22minPlay
December 21, 2025Taaldinge 21 Desember 2025Die taalkundige, prof. Ernst Kotzé, verduidelik wat grammatikale geslag is, in watter tale dit voorkom, en wat Afrikaans se posisie is. Hy praat ook oor die neiging dat daar soms na entiteite soos skepe en motors, en die taal Afrikaans self, as vroulik verwys word, en waarom dit nie eie aan die struktuur van Afrikaans is nie....more23minPlay
December 14, 2025Taaldinge 14 Desember 2025Die bestuurshoof van die Afrikaanse Onderwysnetwerk, Daan Potgieter, vertel vir Ina Strydom wat die AON doen wat betref vroeëkinderontwikkeling en taalontwikkeling. Hulle praat ook oor die noodsaaklikheid van moedertaalonderrig, en die waarde van Afrikaanse skole....more22minPlay
December 07, 2025Taaldinge 7 Desember 2025Die senior mederedakteur van die WAT, Alet Cloete, en die eindredakteur, Gerhard van Wyk, is saam met Ina Strydom in die ateljee om luisteraarsvrae te beantwoord. Hulle bespreek onder meer anglisismes en nuutskeppings....more21minPlay
November 30, 2025Taaldinge 30 November 2025Taalpraktisyn Tom Mclachlan verduidelik waarom biljoen in Afrikaans aanvaarbaar is, maar iets anders beteken as die Engelse “billion”, en waarom die komma eerder as die punt gebruik word om breuke aan te dui. Die eindredakteur van die WAT, Gerhard van Wyk, verduidelik hoe transliterasie werk....more22minPlay
November 23, 2025Taaldinge 23 November 2025Die stigter en bestuurshoof van Naledi Uitgewers, Johan Coetzee, vertel waarom hy nispublikasies soos digbundels en Afrikaanse vertalings van werk uit die wêreldletterkunde uitgee, en wat die grootste uitdagings vir hom as onafhanklike uitgewer is....more23minPlay
FAQs about Taaldinge:How many episodes does Taaldinge have?The podcast currently has 734 episodes available.