In die tweede deel van ‘n gesprek oor die taalgebaseerde spanning in Indië, praat Ina Strydom verder met die taalkundige, prof. Ernst Kotze, oor die taalsituasie in die land. Hy vertel onder meer oor taal en identiteit en die verskillende tale se gebruiksvlakke, en praat oor wat Suid-Afrika by Indië kan leer oor die hantering van taalverskeidenheid.