Veegetalle by kommersiële veilings het skerp afgeneem en waar daar ten tye meer as 600 diere op aanbod sou wees, is daar minder as 100 diere wat verkoop word. Boere is wel besig om kudde te herbou maar, daar is ook ‘n tekort aan kontantvloei in die landboubedryf so Kosmos 94.1 Landbounuus het aangeklop by die plaaslike Landbou Navorser, Wallie Roux om hieroor te gesels.