Vanjaar se Franse Ope tennistoernooi is met ‘n week uitgestel weens die coronaviruspandemie. Die Franse Tennisfederasie het aangekondig dat die toernooi nou op 30 Mei sal begin, en nie meer op 23 Mei nie. Die toernooi sal op 13 Junie eindig, twee weke voor Wimbledon na verwagting sal begin. Die Franse Ope is verlede jaar met vier maande uitgestel. Frankryk is tans in ‘n derde nasionale staat van inperking weens ‘n toename in Covid-19-gevalle. Jody Hendricks het met een van die land se topafrigters Stefan de Kock oor die implikasies hiervan gepraat.