Die Suid-Afrikaanse landbou-organisasie TLU SA het voorgestel dat die Onteieningswetsontwerp herskryf word sodat dit slegs sal geld vir die onteiening van eiendom wat vir infrastruktuurontwikkeling benodig word, en wel teen markwaarde. Die organisasie het sy kommentaar ingehandig teen die wysiging van die bestaande wetsontwerp. TLU se President, Henry Geldenhuys, sê die vae bewoording van die wysigingswetsontwerp skep die geleentheid vir die regering om enige eiendom sonder vergoeding te onteien, onder die dekmantel van openbare belang. Hy sê die wysigingswetsontwerp is die kortsigtigste stuk wetgewing. TLU-SA se Algemene Bestuurder Bennie van Zyl gesels in diepte vanoggend oor die wetgewing en hulle voorstelle...