Die amptelike opposisie IPC is sterk gekant teen die petroleum wetsontwerp wat in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê is en wat die stroomop-petroleum sektor onder die president se kantoor sal laat val. IPC-president Panduleni Itula het by 'n perskonferensie in die hoofstad gesê daar moet 'n skeiding van magte in die regering wees, en gevra dat die wetsontwerp teruggetrek word.