President Donald Trump van Amerika dreig met nog aanvalle op Iran en waarsku dat noodsaaklike burgerlike infrastruktuur geteiken kan word. Amerika se Sentrale Bevel het bevestig dat die weermag Dinsdagnag meer as 80 teikens getref het. Dit sluit meer as 60 klein bote van die Islamitiese Rewolusionêre Wagkorps in die Straat van Hormuz in. In reaksie het Iran Amerikaanse militêre terreine in Bahrein en Koeweit aangeval. Trump, wat ook dreig om weer Iranse hawens te blokkeer, sê Iran is "nie meer die boelie" van die Midde-Ooste nie: