Kompas Gemeente

Venster na die toekoms


Listen Later

Tyd is so ‘n kosbare besitting maar terselfdertyd nie iets wat jy kan vashou nie. Dit gaan ook net so vinnig verby, veral met die lewenstempo waarteen ons deesdae lewe. Met tyd wat so vinnig verbygaan, is dit soms maklik om te vergeet. Ons vergeet baie keer van die verlede, ons vergeet wat God vir ons gedoen het, waardeur Hy ons al gedra het en die oorwinnings wat Hy vir ons behaal het. Met hierdie reeks wil ons onsself weer herinner en laat onthou, dat soos wat God ons in die verlede gedra het, Hy ons ook in die toekoms sal dra. Marius Malan het die reeks vir ons afgeskop en met ons gesels oor: Terug na die toekoms. Ons het gereflekteer op hoe goed God vir ons as gemeente was en dat ons nie ons fokus daarop moet verloor nie. Die twee Bybelstories help ons om onsself prakties te herinner dat God altyd vir ons sal voorsien en dat ons dit nooit moet vergeet nie.

...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

Kompas GemeenteBy Kompas Gemeente