GROOTfm 90.5

VERSKILMAKERS: Operation Healing Hands


Listen Later

Op 14 Junie pak Neels Janse van Rensburg die ikoniese Comrades Marathon aan — nie net vir die medalje nie, maar vir ’n saak wat sy hart diep raak. Hy hardloop ten bate van Operation Healing Hands, ’n organisasie wat lewensveranderende operasies moontlik maak vir mense wat dit nie kan bekostig nie. Hierdie jaar hardloop hy spesifiek vir Paul Vorster van NG Gemeente Silvertonkruin, wat dringend ’n skouervervangingsoperasie benodig om weer te kan werk en sy waardigheid terug te kry. Neels, Paul en Helene Basson van Operation Healing Hands het by Sarina aangesluit.
...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

GROOTfm 90.5By GROOTfm 90.5