GROOTfm 90.5

GROOTfm 90.5

By GROOTfm 90.5
Download on the App Store

GROOTfm 90.5 episodes

  • Anderkant die water - Ronel du Plessis getuienis
    Daar is oomblikke in die lewe wat alles wat jy ken, vir altyd verander. Oomblikke waarna niks ooit weer dieselfde kan wees nie.
    In ’n besonder roerende gesprek het ons met Ronel du Plessis gesels oor die ondenkbare verlies van haar en Jannie se seuntjie, Jan-Nathaniël, en die pad van rou, kuns, verwerking en uiteindelik hoop.
    Haar boek, Anderkant die water, is ’n aangrypende huldeblyk aan haar seuntjie en ’n eerlike blik op ’n ma se hart ná die ondenkbare.
    ’n Gesprek oor verlies, liefde, geloof en die hoop wat selfs in die diepste donkerte weer kan begin groei.
    19 min
  • VERSKILMAKERS: Pharos gemeenskaspsentrum
    Pharos maak ’n verskil in die lewens van individue en gesinne wat ondersteuning nodig het, met projekte wat daarop fokus om praktiese hulp en hoop te bring. Van kos en Kersfeespakkies tot skryfbehoeftes vir kinders uit minderbevoorregte gesinne – Pharos probeer mense op ’n waardige manier ondersteun. Ons gesels vandag met Helene van Rensburg en Virna van der Walt oor dié bediening, hul grootste behoeftes en hoe ons as gemeenskap betrokke kan raak.
    9 min
  • ABC van Ouerskap: W- Waterveiligheid
    Waterpret is deel van ’n lekker Suid-Afrikaanse somer, maar water hou ook ernstige gevare in, veral vir jong kinders. Verdrinking kan binne sekondes gebeur en dikwels sonder enige geluid. In hierdie week se ABC van Ouerskap fokus ons op waterveiligheid en hoe ouers en versorgers kinders rondom swembaddens, baddens en ander waterbronne kan beskerm. Ons gesels met Nandi Smit en Lizette Botha van KiddiesAqua.
    15 min

About GROOTfm 90.5

From the publisher's feed

GROOTfm 90.5 is op ‘n missie om Suid-Afrika en sy mense te inspireer en te impakteer met “vermaak wat verskil maak” anders kan ons die lekker liedjies en grootste treffers van alle tye maar op ‘n CD in die kar luister en die nuus van die dag op die internet lees! Ons vier en geniet alles wat goed en reg is, maar aanvaar ook die verantwoordelikheid vir die dinge wat ons nog wil sien verander! Ons kleur die klankgolwe in met hoop en woorde van lewe, maar lééf ook GROOT in die klein en die onbenullige om ‘n blywende voetspoor in ons gemeenskap te laat.