GROOTfm 90.5

GROOTfm 90.5

By GROOTfm 90.5
Download on the App Store

GROOTfm 90.5 episodes

  • SA een van die lande wat die meeste Bybel lees!
    YouVersion, die skepper van die wêreld se gewildste Bybeltoepassing, het vroeër vanjaar ’n plaaslike spilpunt in Suid-Afrika gevestig om Bybelbetrokkenheid in Afrika verder uit te brei. Met meer as 30 miljoen downloads van YouVersion se Bybeltoepassings in Suid-Afrika, tel ons land onder die top vyf lande ter wêreld wat daaglikse betrokkenheid betref. Die toepassing bied toegang tot God se Woord in meer as 2 400 tale. Mari Joubert, vennootskapsbestuurder vir YouVersion Suid-Afrika, sluit by ons aan om meer te vertel oor hierdie groei en hoe tegnologie mense help om die Bybel in hul eie taal te ontdek.
    9 min
  • #WeeksdaeVibesMetVenita - Hugh Lynn | 20 Oktober
    Venita en Hugh Lynn op #WeeksdaeVibes? 'BESTIES FOR THE RESTIES!' Van baie lag en lekker VIBES tot ’n gesprek uit die hart. Venita het met Hugh Lynn gesels oor sy nuwe enkelsnit “Hemel”– ’n besonderse persoonlike liedjie wat gebore is uit verlies, rou en uiteindelik ook liefde. Al kan Hugh nie vir Venita leer om die driehoek te speel nie, is hy steeds meer as welkom om saam met haar te VIBE!  Hugh Lynn, jy is nou amptelik deel van die #WeeksdaeVibes-familie!
    35 min
  • Ds Maartje van der Westhuizen
    Ds. Maartje van der Westhuizen is gekies as die eerste vroulike voorsitter van die NG kerk se oosterlike sinode en is ook die onder voorsitter van die algemene sinode, sy het met Annelie kom gesels oor diensbare leierskap
    23 min
  • ABC van Ouerskap: V - Verlies
    In die ABC van Ouerskap fokus ons vandag op die V vir Verlies – spesifiek kind- en swangerskapsverlies. Dit is ’n onderwerp waaroor daar dikwels min gepraat word, maar vir ’n ouer kan die verlies van ’n baba of kind ’n diep en langdurige impak hê. Kliniese sielkundige, Dr Mia Kritzinger is by ons om te gesels oor rou, ondersteuning en hoe ons as familie en gemeenskap ruimte kan maak vir ouers wat deur so ’n verlies gaan.
    12 min

About GROOTfm 90.5

From the publisher's feed

GROOTfm 90.5 is op ‘n missie om Suid-Afrika en sy mense te inspireer en te impakteer met “vermaak wat verskil maak” anders kan ons die lekker liedjies en grootste treffers van alle tye maar op ‘n CD in die kar luister en die nuus van die dag op die internet lees! Ons vier en geniet alles wat goed en reg is, maar aanvaar ook die verantwoordelikheid vir die dinge wat ons nog wil sien verander! Ons kleur die klankgolwe in met hoop en woorde van lewe, maar lééf ook GROOT in die klein en die onbenullige om ‘n blywende voetspoor in ons gemeenskap te laat.