GROOTfm 90.5

GROOTfm 90.5

By GROOTfm 90.5
Download on the App Store

GROOTfm 90.5 episodes

  • Moeilike gesprekke en konflikhantering - Anja van Beek
    Moeilike gesprekke is deel van die lewe – of dit nou by die huis met jou lewensmaat of kinders is, of by die werk met ’n kollega of bestuurder. Tog vermy ons dit dikwels omdat ons bang is vir konflik, iemand se gevoelens wil spaar of nie weet hoe om die gesprek te begin nie. Maar hoe voer ons moeilike gesprekke op ’n manier wat eerlik én respekvol is, sonder dat dit in ’n argument ontaard? Anja van Beek, kenner op die gebied van mense, leierskap en bestuur, sluit by Sarina aan om hieroor te gesels.
    20 min
  • Episode 47 – Die Apostel Paulus
    Episode 47 – Die Apostel Paulus
    18 Okt 2026
    19:00 - 20:00

    Tydens die uur gesels Dr Zander van der Westhuizen en Prof Chris de Wet oor Paulus. Vind uit wie Paulus was, hoe sy lewe verloop het en wat die groot hoogtepunte van sy invloed in die vroeë kerk was. Hulle gesels ook oor sy reise en hoe hy uiteindelik oorlede is. Leer ook nuwe feite oor die Bybel en vind ’n paar nuwe feite rondom navorsing uit.
    34 min
  • #OntbytMetDoepieEnNina - Ollyvans "Op YS"
    Van die wynlande in Franschhoek tot die opnamestudio's van Suid-Afrika, bewys Ollyvans dat kreatiwiteit geen grense ken nie. Ná sy debuutduet saam met Tasché verlede jaar, tree Ollyvans nou weer na vore as kunstenaar met sy nuwe enkelsnit, "Op Ys"
    22 min
  • #OntbytMetDoepieEnNina - SA se aanlyn dobbel probleem
    Die aanlyn dobbelbedryf floreer terwyl Suid-Afrikaanse huishoudings toenemend, as gevolg daarvan, onder geldelike druk verkeer.
    Miljarde rande word jaarliks verwed in ʼn bedryf wat volgens nuwe navorsing van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) nie net mense se inkomste raak nie, maar ook gesinne se vermoë om die pot aan die kook te hou. Ons gesels met Nicolien Welthagen, Senior navorsingsielkundige.
    16 min
  • #ALT-Fokus met Venita - Wrakinjan | 15 Oktober
    Daar is 'n nuwe band op die dorp en hulle KOOK!!
    Rudi Kleingeld en Arno Venter het kom draai by Venita op #ALTfokus om hulle band, 'Wrakinjan' se nuwe enkelsnit "Anderkant" op jou radar te sit! Hulle gesels meer oor die 4 manne in die band, die VIBES wat hulle wil oordra met hulle musiek en wat ALTERNATIEF vir hulle beteken!
    26 min

About GROOTfm 90.5

From the publisher's feed

GROOTfm 90.5 is op ‘n missie om Suid-Afrika en sy mense te inspireer en te impakteer met “vermaak wat verskil maak” anders kan ons die lekker liedjies en grootste treffers van alle tye maar op ‘n CD in die kar luister en die nuus van die dag op die internet lees! Ons vier en geniet alles wat goed en reg is, maar aanvaar ook die verantwoordelikheid vir die dinge wat ons nog wil sien verander! Ons kleur die klankgolwe in met hoop en woorde van lewe, maar lééf ook GROOT in die klein en die onbenullige om ‘n blywende voetspoor in ons gemeenskap te laat.