‘n Seminaar is in Namibië gehou met uitdagings wat vleis produsente in Namibië die hoof moet bied. Belanghebbendes en rolspelers het ooreengekom dat sonder verdere beleggings deur beide die regering en die privaatsektor sal produksie nie verbeter nie. Talle boere het net kern kudde oor na die erge droogte en die waarde ketting word nou beïnvloed deur tekorte by abattoirs regoor die land. Thinus Pretorius, die Voorsitter van die Lewendehawe Produsente Organisasie gesels vanoggend met Kosmos 94.1 Landbounuus hieroor...