Die dodetal weens die oorstromings in Limpopo het tot elf gestyg met swaar reën wat steeds dele van die provinsie raak. Die sterftes dateer terug tot verlede maand. Soek- en reddingsoperasies duur voort in gebiede wat die ergste getref is. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het 'n rooi vlak tien-waarskuwing uitgereik. Premier Phophi Ramathuba het meegevoel betuig aan die slagoffers se gesinne en waarsku ernstige skade aan paaie belemmer die reaksiepogings: