Voedsel Vir Die Siel Vol. 1

Voedsel Vir Die Siel Vol. 1

Download on the App Store

Voedsel Vir Die Siel Vol. 1 episodes

  • Die Here Roep Ons Op Om Die Werk Wat Hy Ons Gegee Het, Af Te Handel

    Waar die Here in sy Woord oor sy plan en pad met Elia met ons praat, is dit veral verstommend oor wat in 1 Kon. 19 gebeur.  Elia dink sy bediening het misluk, maar die Here kom wys vir hom dat Hy nog altyd 'n plan met hom het;  Hy het nog werk vir Elia.  Net so, het hy 'n plan met elkeen van u en ook nog werk vir u om tot sy eer te doen.

    49 min
  • Sonder Die Hoop Van Die Ewigheid, Maak Christenskap Glad Nie Sin NIe

    Dikwels word gestel dat die Christelike geloof nie sin maak nie.  Wanneer 'n mens egter die Bybel lees en verstaan, blyk dit eerder of die opvaattings wat teen die Bybel en Christelike geloof gemaak word, soos bv dat daar nie lewe na die dood is nie, nie sin maak nie ...  As ons die Christelike geloof egter kontkeet vanuit die Bybel verstaan, maak dit juis sin, bied dit juis hoop ...  Kom luister gerus na die Woord van die Here, vanuit 1 Kor. 15:50-58, wat die hartklop van die Christendom is.

    46 min
  • Christus Se Krag Word In Swakheid Volbirng

    Die Bybel leer ons nêrens dat ons moet voorgee dat ons sterk is, terwyl ons absoluut swak en magteloos voel nie.  Wat die Bybel ons wel leer, is dat Christus se genade vir ons genoeg is, omdat sy krag, juis in swakheid volbring word (2 Kor. 12:6-10).  

    36 min
  • Christus Roep Ons Op Om Sy Voorbeeld Na Te Volg

    DIe Here Jesus het vir ons 'n Volmaakte voorbeeld kom stel.  Hy roep ons op om sy voorbeeld na te volg.   Immers, Christus belydenis, verplog Christus navolging.  Nee, ons moenie leef asof ons dit uit ons eie kan regkry nie, maar ja, ons kan ook nie wetteloos leef nie ...  Die Woord roep ons op in 1 Pet. 2:18-25, om uit dankbaarheid vir Christus se onverdinede genade, sy voorbeeld na die beste van ons vermoë, na te volg, wetende dat ook dit, nie los van hom nie, maar juis vanuit Hom geskied.

    50 min

About Voedsel Vir Die Siel Vol. 1

From the publisher's feed

Hierdie is van my eie preke, wat ek in gemeentes gelewer het. Mag u die seën van die Here en veral sy liefde en troos, in elkeen van hulle ervaar!