
Sign up to save your podcasts
Or


Dis gewone take soos tande borsel en huiswerk doen wat ’n ma grys hare gee as Boeta bly uitstel, veral as almal in die huis ’n bedrywige program het.
Almal jaag daarna, maar niemand kan dit vang nie. Tyd wag immers vir niemand nie. Leer jou kind vroeg reeds om tyd reg te bestee.
Net een deksel pas perfek op een spesifieke pot, ongeag hoe hard jy druk of hoe eenders die deksels lyk. Dieselfde is waar van ons kinders.
Ek weet ek het op ons troudag ’n belofte aan my man afgelê. Deesdae sien ek egter net nie meer kans nie. Ons het niks meer gemeen nie. Om te skei lyk na die enigste oplossing.
Onder talle egpare is dit ’n oorlogsverklaring wanneer skuld ter sprake kom. rusies gaan meestal oor die een se spandabelrigheid en die ander een se suinigheid.
Die huwelik is soos ’n legkaart met honderde stukkies. Een stuk wat die hele prentjie kan bederf, is destruktiewe kommunikasie. Ons weet mos hoe belangrik dit is om dinge uit te praat, of hoe?
Wees versigtig wat jy dink, want dit kan fisies nadelig wees vir jou. Spreuke 27:19 sê: Soos jou gesig weerkaats in water, so wys iemand se hart wat in hom aangaan.
From the publisher's feed